Gala Konsert 2024

Die Stéfan Louw Sangskool in Parys bied aan die jaarlikse Gala Konsert waar studente die geleentheid kry om hul talent met familie, vriende, en die gemeenskap te deel. Tydens dié konsert word die Student van die Jaar aangewys, ‘n titel wat slegs beskore is vir daardie een student wat nie net ‘n uitsonderlike talent het nie, maar wat besonderse vordering in alle aspekte van sang en uitvoerings getoon het gedurende die jaar.

Die gehoor kan uitsien na ‘n verskeidendheid van genres – alles van moderne Kontemporêre Pop tot Goue Oues.

Die studente van die Sangskool is:

  • Caylin Tolmay
  • Fleur Walt-Vermaak
  • Gerrit Gouws (Student van die Jaar 2023)
  • Lappies Labuscagne
  • Ken Evans
  • Lisa Venter
  • Susan Venter
  • Walter Bell
  • Werner van Coller (Student van die Jaar 2022)

 

Vir navrae WhatsApp asseblief vir Marisa op 0649635386, of kontak die student direk as jy ‘n familielid of vriend is. 

Kaartjie Pryse:

  • R270 – volwassenes
  • R150 – skoolkinders
  • Gratis – kinders onder 6-jaar

 

Aanlyn kaartjieverkope open op 16 September 2024 en sluit op 6 November om 23:00.

U sal herlei word na ‘n kaartjiewebwerf met betroubare en veilige aanlynbetaalopsies.

Die kaartjiekantoor maak om 18:00 oop op Vrydag, 8 November 2024 by die NG Kerk Parys Suid.

Of WhatsApp Marisa op 064-963-5386 vir navrae.